
Johannes Petrus Hendrikus (Johan) Le
Roux is gebore op en het grootgeword op ‘n klein vissersdorpie aan die Kaap se
Suidkus genaamd Gansbaai. Hy is die
oudste seun van Jan en Lenie Le Roux. Pa
Jan het al die jare by die Dorpsraad en later die Munisipaliteit van Gansbaai
gewerk. Nou op Gansbaai het almal
byname en sommer gou-gou was hy dan ook Jan Raad.
SKOOLDAE
Kinderjare
op Gansbaai was vet pret. Sorgelose
vrye kinderdae op die platteland. Kleilat,
Knoppies gooi, Plaatskuit ry en baie meer was nie onbekend.
Onderwysers soos Lammie Fourie, Duif de Villiers en Jan Fourie (PYP) was
verantwoordelik om kennis oor te dra aan die jong Gansbaaiers.
Baie van my tydgenote het natuurlik nie belang gestel in skool werk nie,
en visvang was in hul murg en bloed.
Gedurende
standerd 5 word ek, Wilfred Chivell en Louis Groenewald (Witman) vriende.
Hier neem die lewe ‘n ander wending aan en kort voor lank “bestuur”
ons Wilfred se pa se melkery buite die dorp.
Ek verbreed my kennis met plaaslewe.
Jare van baie-baie pret volg. Perdry,
koeie melk, lusern sny, kalwers medisyne ingee en ry was aan die orde van die
dag. Bees, vark, hoender en kalkoen slag was niks snaaks nie.
Net na vier in die oggend was opstaantyd, dan plaastoe, melk bottel,
terug dorp toe vir skool. Na skool herhaal die ritueel hom. Saterdae en vakandsie sny ons lusern, gras, patatranke of wat
ook al beskikbaar is vir beesvoer op Stanford, die buurdorp.
Gansbaai se
skool gaan net tot standerd 7 en ek besluit om na HTS Drostdy op Worcester te
gaan. Hier word ek onder andere
bloodgestel aan baie sport geleenthede en neem dan ook deel aan rugby, toutrek,
atletiek en skyfskiet. Veral die
rugby en toutrek jare was onthou jare. Later
speel ek ook vir Gansbaai en Hermanus se dorpspanne rugby.
WERK
Na
skool besluit ek om Lugmag toe te gaan. Soos
dit maar gaan loop ek my vas in rompslomp van die staatsdiens en ek begin my
militêre loopbaan te 6 Suid-Afrikaans Infanterie Bataljon te Grahamstad.
My papier kom deur en ek word oorgeplaas na die lugmag.
Sommer gou-gou word ek uitgeplaas na Lugmagbasis Ysterplaat.

Die
aanvanklike plan was om net te studeer deur die lugmag en dan te bedank en die
privaatsektor te gaan opsoek. Hierdie
het nooit gerealiseer nie en ek is steeds in die Suid Afrikaanse Lugmag.
Miskien het ek nog nie klaar gestudeer nie.
My spesialis rigting is boord radar.
Dit is nou al die radar uitrusting soos gebruik in die Lugmag vliegtuie. In die begin jare was die bos-oorlog aan die gang en ek was
baie weg van die huis af. Aangesien
ons op die grens ‘n verskeie aantal vliegtuie gehad het was ek dan ook bevoegd
om op die meeste van die lugmag se vliegtuie te werk. Die lugmag bied my ook baie geleendhede en ek gaan maak ‘n
draai in Europa, bring ‘n tyd deur op Antartika en kry ook die geleentheid om
by Buvett eiland uit te kom.

Ek ontmoet en
trou die liewe vrou Alma Beyers, ‘n Pretorianer van geboorte.
Ons het twee kinders Johannes en Roné.
Johannes het die roepsein van ZR1RF.
Aan die ander twee werk ek nog.