Stokperdjies
Tuis Gasteboek

 

Ek  bedryf twee stokperdjies.  Behalwe om ‘n Radio Amateur te wees is ek ook ‘n aktiewe Voortrekker offisier.  Ek is tans die Kommando Leier van Bellville Kommando.  Die voortrekkers is ‘n familie saak en die liewe vrou is ook ‘n kranige voortrekker.  Daar is min aktiwiteite waaraan ons nie deelneem nie.  Dit vat natuurlik baie tyd en laat minder tyd oor vir Amateurradio.

Een van die hoogtepunte van die jaar is CQ Hou Koers.  Dit is as die voortrekkers op die lug is en die geleentheid het om met die radio amateurs se uitrusting te werk.  Dit is die dag wat my twee stokpertjies bymekaar uitkom.  Ek reël CQ Hou Koers vir die afgelope paar jaar in die Wes-Kaap.

ZR1RF gedurende ‘n CQ Hou Koers

 

 

 

 

 
Stuur pos aan [email protected] met vrae of kommentaar oor hierdie WebBlad.
Kopiereg © 2003 ZU1LR
Opgedateer: Mei 18, 2003