Magalies Radioamateurklub

Geaffilieer by die Suid-Afrikaanse radioliga

Die volgende maandvergadering vind op 17 Augustus om 14:00 by die klubhuis plaas

Kontakbesonderhede

Posbus 1492
Pretoria
0001
Maandvergaderings

Die derde Saterdag van elke maand behalwe
Desember om 14h00 by die klubhuis. (Luister
gereeld na die bulletins vir moontlike veranderings)
E-pos: [email protected] Klubhuis: H/v Breyerlaan en Millstraat, Waverley

Bulletintye

Sondae
om 11h30 op 7,062 MHz, 14,160 MHz, 52,750 MHz, 145,750 MHz, 438,750 MHz. Die vorige Sondag se bulletin word die volgende Woensdagaand om 19h30 herhaal.

Roepsein

Naam

Roepsein

Tel. No.

E-pos

Voorsitter

Pieter Scholtz ZS6LC 012331-2868 [email protected]
O/voorsitter George Honiball ZS6NE 012664-4155 gth@freemail/absa.co.za
Sekretaresse Magda v Wyk ZS6MVW 012386-4901 [email protected]
Tesourier George Honiball ZS6NE 012664-4155 [email protected]
Openbare Skakel Weon v d Vyver ZS6LKF 012377-2492
Tegnies Sameroeper Pieter v Wyk ZS6PVW 012386-4901 [email protected]
Jeugsake Lizette v Wyk ZR6LZT 012386-4901 [email protected]
Redakteur Pieter Scholtz ZS6LC 012331-2868 [email protected]
Kommunikasie Marten du Preez ZS6ZY 012332-2104 [email protected]
Webmeester Marten du Preez ZS6ZY 012332-2104 [email protected]

Aktiwiteite


Integnetherleiding
Gewoonlik die laaste Sondag van
elke maand om 20h00 op 145,750 MHz

Fietswedrenkommunikasie
Luister gerus op 145,750 MHz.
Normaalweg op Saterdagoggende.

RAE Klasse en eksamen
Magalies Amateurradioklub bied lesings
aan vir voornemende kandidate vir die RAE.
Klasse word Saterdae om 14h00 tot
16h00 by die klubhuis aangebied. Skakel
Marten ZS6ZY (012) 332-2104 of George
ZS6NE (012) 664-4155 vir meer inligting.

ARMI
(Amateur Radio Mirror International)
Sondae om 10h00 op 145,750 MHz

Stadige Aftastelevisie
'n Groepie radioamateurs beoefen elke
Vrydagaand vanaf 19h30 SATV op
145,750 MHz. Almal is baie welkom
om by hulle aan te sluit en om meer te
leer oor SATV.
Rae klasse begin op Saterdag 27 Julie vanaf 14:00 tot 16:00 by die klubhuis op die hoek van Breyerlaan en Millstraat, Waverley. Studiemateriaal is beskikbaar vir voornemende studente. Almal is baie welkom.
Praktiese opleidingklasse word vanaf 17 Augustus om 10:00 by MRK se klubhuis aangebied veral vir jongmense. Bring soldeerboute en soldeersel saam en enige soldderwerk wat jy wil doen. Komponente ens. sal voorsien word.
Counter