|
|
|
|
Radiokomunikasie en die natuurlewe is van kindsbeen af 'n groot magneet in die lewe van ZS1G. Sy famielie ken hom al die jare as een wat altyd met allerhande draadjies doenig is. Augustus 1996 stel 'n motorongeluk hom buite aksie vir 'n paar maande maar by die ongeluk skep dit toe die geleentheid om hom voor te berei vir die RAE. November 1996 skryf hy die RAE in die eksamenlokaal op 'n bed! Al klagte wat hy het is dat hy nie die RAE al jare vroeër aangepak het nie.
Sy hoof belangstelling is die digitale sy van die stokperdjie, maar as hy die langpad vat kan jy maar uitluister vir ZS1G-Mobiel op die HF bande.
Wat is nou lekkerder as om te gaan uitkamp daar in ons Skepper se skepping!
Ander belangstellings is: fotografie, watersport en sy honde-vriende.
|
|
Kopiereg © 2003 ZS1G Opgedateer: Mei 18, 2003 |