Eerste kontak

Terug Tuis Volgende

 

 

 

 

ZS1G wou graag hê sy eerste spraak kontak as Radio Amateur moet spesiaal wees en spesiaal was dit beslis!  Op 12 Junie 1997 was hy op reis in die Robinsonpas wat Oudtshoorn en Mosselbaai verbind tussen die hoë Suid Kaapse berge deur.  

Sy handradio, 'n Icom IC-2TE met 'n kraguitset van 4,5 Watt en slegs 'n "rubberduck" antenna, het op die passasierssitplek langs hom gelê en deur die geheue kanale geskandeer.  

Skielik sonder enige verwagting roep Mike Foale (Australia) CQ vanaf MIR! 

Soos jy kan dink vind daar toe 'n noodstop plaas by die eerste veilige stilhouplek en uit spring 'n man wat hoopvol die lug bokant hom bekyk terwyl hy angstig op 'n handradio wil praat!

Op daardie stadium was Mike Foale besig met 'n QSO na die Vrystaat.  Gelukkig vir ZS1G (toe ZR1GJH) loop die Vrystaat QSO dood weens afstand.  

Hy vat toe 'n kans met sy handradio (12H15 LCL) en kon dit amper nie glo toe Mike Foale reageer.  'n Kort QSO volg, uitruil van name en ZS1G lig Mike in dat dit sy eerste Amateur spraakkontak is asook van waar hy hom op daardie oomblik bevind.  Weereens neem afstand die oorhand maar vir ZS1G was dit 'n wonderlike belewenis!  

Sedert daardie dag het hy ook 31 pakket kontakte met MIR gehad voor hy ons verlaat het.

 

Kopiereg © 2003 ZS1G
Opgedateer: April 12, 2003