Vuurtoring
Tuis Op English Lidmaatskap

Foto's

 

Dis al 'n tradisie van BARK om elke jaar 'n stasie op te rig by L'Agulhas vuurtoring met die Internationale Vuurtoringnaweek in Augustus.  Besoekers is altyd welkom om te kom deel in die pret.  Daar is heelwat bekostigbare verblyf in die L'Agulhas/Struisbaai omgewing en sommer hope besienswaardighede.  Maak 'n naweek daarvan en kom ondersteun die mees suidelike stasie in Afrika.  Terloops, L'Agulhas vuurtoring is die enigste vuurtoring in die Suidelike halfrond waar sonsopkoms en ondergang oor die oseaan geskied.

Augustus 2000

BARK DOEN DIT WEER MET DIE INTERNASIONALE VUURTORINGNAWEEK.

Deur Johan, ZU1LR

 

Text Box: Clyde, ZS1CS agter die mikrofoon

Gedurende hierdie jaar se internasionale vuurtoringnaweek het die manne van BARK weer hard en duidelik van hulle laat hoor.  Saterdag oggend lank voor sonop vat ons die pad Agulhas toe.  Ons is nou Karl – ZS1KC, Rassie – ZS1YT, Clyde – ZS1CS, Deon – ZS1G en die uwe.  Na soveel keer van stasie opsit by Agulhas weet elkeen presies wat om te doen en in ‘n japtrap is ons op die lug.

Die stasie word ingerig in die gebou waar die vuurtoringwagter se kantoor is en die antenna is ‘n omgekeerde V wat aan die bokant van die vuurtoring vasgemaak is.

Die raporte wat ons terug ontvang het was besonder goed en stille glimlagte was te bespeur as die ander vuurtorings raporte van 57 en 59 kry en ons kry raporte van dieselfde stasies van 59+20 en 59+30.

Text Box: Die BARKers wat die stasie bedryf het.
VLNR: Clyde, Rassie, Johan, Deon en Karl

 

 

Ons verblyf was besonder aangenaam en ons gasheer, die vuurtoringwagter Piere, is ‘n baie aangename persoon.  Na die naweek was hy ‘n oortuigde en het hy belowe om Mei-maand die RAE te gaan skrywe.

Sondag-oggend se bulletin word deur Rassie gedoen en alle SA-vuurtorings wat deelgeneem het aan die naweek se aktiwiteite word ingeroep en hulle vertel van die gebeure by hul stasies.

Ons het baie ondersteuning van BARK se lede gekry en sommige het spesiaal deurgekom om ons te besoek.  Van die besoekers was Renč – ZS1VR en familie, John – ZR1JOH, ZR1MHE – Marinda, ZS1KVR – Kobus, ZS1AVR – Ansie, ZR1OKO – Oko, en ZS1MAT - Malcom.  Vleis is gebraai en die sosiale verkeer was aangenaam.  Met soveel belangstelling kan dit mos net goed gaan.  Dankie vir al die ondersteuning.

Augustus 2001

BARK BEMAN WEER AGULHAS VUURTORING

Deur Johan, ZU1LR

Gedurende die naweek van 18 en 19 Augustus het ‘n paar manne van BARK weer die pad gevat na die Agulhas vuurtoring.  Met die uitpak en oprig van uitrusting en antennas kan jy sien dit is al ou hande met hierdie ritueel.  Vanaf 1998 is ons gereelde besoekers hier en word daar elke jaar aktief deelgeneem aan die vuurtorings-op-die-lug-naweek.  Hierdie jaar was dit weereens Rassie (ZS1YT), Karl (ZS1KC), Clyde (ZS1CS), Willem (ZR1OR) Andrč (Hy het gesorg dat ons nooit honger word nie) en die uwe.

Weereens ‘n lekker naweek en ons maak so 84 kontakte.  Dankie aan die ou kęrels wat ingeroep het en vir ons kontakte gegee het.  Ook ‘n groot dankie aan al die besoekers wat kom inloer het.  Julle ondersteuning gaan nie ongemerk verby nie.  Ons maak volgende jaar weer so.

 

 

 

Augustus 2003

Die vier voertuig konfooi van BARK voor die Agulhas vuurtoring.

 

 

 

 

 


Die naweek van 16 en 17 Augustus was weer die internasionale vuurtoring naweek en Agulhas vuurtoring was vanjaar weer bedryf as ZS1BAK\L.  Die BARKers wat die stasie bedryf het was:  Rassie ZS1YT, Deon ZS1G, Johan ZU1LR, Andre (Hy sorg vir die kos),Olivier ZS1OLI, Bennie ZR1JHD, Raoul ZS1REC, en Karl ZS1KC

 

Augustus 2004

 

BARK WEEREENS AKTIEF GEDURENDE INTERNASIONALE VUURTORING NAWEEK

DEUR JOHAN, ZU1LR

 

Bark het weer soos die vorige jare ‘n stasie opgesit by die Agulhas vuurtoring.  Die stasie was bedryf deur Deon – ZS1G, Rassie – ZS1YT, Olivier – ZS1OLI, Lourens – ZS1BFE, Andrč die kok, en die uwe, Johan – ZU1LR.

Ek en Andrč vat al sommer vroeg Vrydag-oggend die pad.  By Rassie in die Strand tel ons die 80 en 40 meter antenna op.  Vrydag-middag maak Andrč sy kombuis reg en ek begin solank die stasie opsit.  Ek maak gebruik van die vuurtoring om die antenna teen op te hys.  Teen sononder begin ek werk en sommer gou-gou kom die kontakte op 80 in.  Toestande speel verbasend saam en ek maak ‘n klompie kontakte.

Later kom die groepie motor vir motor aan en nie lank nie of die braaivleisvuur begin brand.  Vrydag-aand tot ounag sorteer ons al die SARL se probleme tot by die minister van kommunikasie uit.  Hoe later dit word hoe gewoond raak ons mos aan dink en hoe slimmer raak ons.

Saterdag-oggend rig ons die rigstraler op en begin ernstig werk.  Deon, ZS1G rig ‘n digitale stasie op in die agterkant van sy bakkie.  Nou begin dinge ernstig raak en die kontakte begin inkom.

Die bande is genadig en gee Saterdag-middag vir ons ‘n kans om te gaan rugby kyk.  Daardie springbokke kan darem bly wees dat ons hulle so hard gehelp het in die tweede helfte.  As dit nie vir ons was nie het hulle sweerlik verloor.

So gaan die kontakte voort tot Sondagoggend kwart voor agt.  Nou kyk, om presies kwart voor agt, nie ‘n sekonde later of vroëer nie, begin Boland se bulletin en dan sak daar ‘n doodse stilte oor die Wes Kaap se amateurs neer.  Dit is darem nou die bulletinleser uitgesluit.  Dit is amper soos kerk.......

Rassie vertel van alles wat ons gedurende die naweek gedoen het en roep dan die ander vuurtoring stasies een vir een in om hulle kommentaar te lewer oor wat hulle gedoen het.  Ons almal luister in stilte.

Andrč maak weer een van sy reuse ontbyt geregte en na so ‘n paar kontakte die Sondag-môre pak ons op.  Daarna die moëe, vaak pad deur die pragtige Ruens terug stad toe.

WAT ‘N LEKKER NAWEEK!!!!!!!!!

Webmeester: Deon, ZS1G
Stuur pos aan zs1bak@mailbox.co.za met vrae of kommentaar oor hierdie WebBlad.
Kopiereg © 2007 Boland Amateur Radio Klub
Opgedateer: 22 Januarie 2007