|
|
|
|
The ultimate pea Deur Chris, ZR1MM 1-Des-2000
Nou kan ek my storie begin: Soos ek voorheen gesê het, het ek al met ringe gespeel. Toe was dit vir weerfoto- en satelietwerk, maar daaruit kon ek bepaal wat die skaalfaktor is en waar die twee fokuspunte (ringe werk soos lense) is. Die een fokus gee ‘n smal straal maar n swakker voor-na-agter-verhouding, die ander gee ‘n breër straal maar ‘n goeie voor-na-agter-verhouding. Omdat ek begin het met ‘n as wat my toegelaat het om te skuif en te speel, het ek eenvoudig drie ringe volgens my teoretiese grootes gemaak. Individueel het hulle vir my lesesngs 1) – 3) gegee. Net eers hoe die lesings werk (ek het n blad uitgestuur op PacketMessageSystem, waarmee dit saamwerk). f= die frekwensie met die laagste swr (middel frekwensie) swr= daardie laagste swr by f z= vanself sprekend >swr= kies die skaal net groter as die laagste swr (hierbo) <f= daardie kleiner frekwensie wat vir my >swr gee >f= daardie groter frekwensie wat vir my >swr gee U kan dus sien dat al die ringe individueel groot swr’e en hoër frekwensies gegee het. Dit het my bietjie bekommer, maar ek wou nie net sny nie en het besluit om te kyk wat hulle as n groep gaan doen. Lesing 4) was die resultaat. Ek het met die spasiëring gespeel, maar die beste resultate gekry op S= 0.931m. Die middel frekwensie was egter ver te hoog. Nadat ek die ou sakie betrag het, en nog n paar koppies koffie gedrink het, het ek opgelet dat die ringe individueel, n frekwensie verskil van naastenby 3MHz het, dit het my op die gedagte gebring, en ek het die gids-ring los gemaak en vergroot na ‘n nuwe weerkaatser-ring wat ek geskaal het volgens die drie ringe waarmee ek begin het se skaalfaktor. Met die volgende toets het ek lesings 5) gekry, en besluit dat dit naby genoeg aan die doel is om voort te gaan. Alles sover was op ‘n 2m mas getoets. Terloops, rl= die buite omtrek (lengte na buig) van die drie ringe, gemaak van 10mm Al pyp. Nou oor na die finale staanplek. Die mas is as volg; n staander (1.2m) waarop my draai meganisme gemonteer is, verder met n lengte 1” waterpyp (6m), dan ‘n “nippel” waarom my bus met ankerkabels (1.6mm staaldraad) is. Hierna het ek oor gegaan op 40mm pvc pyp, met n 27mm hout harksteel binne in, (2m). Bo-op het ek n 40mm landbou-sproeier-koppelstuk (“T-piece”)(plastiek) gemonteer en oor gegaan op die balk van 40mm pvc met n 30mm hout gaffelsteel binne in vir versterking om deursakking te verminder. (Totale hoogte van mas = 9m). Die rame waarop die ringe gemonteer is, lyk so; ek het n 4-rigting x 20mm pvc (conduet) verdeler geneem, n gat daarin gemaak en n 40mm pvc lasstuk daarin gemonteer. Die radiale is ook 20mm pvc (conduet), waarvan ek die binne-ente geseël en in die 4-rigting verdeler gemonteer het. Hierna het ek die spasie tussen die 4-rigting verdeler en die lasstuk met hars gevul, u sal opmerk dat daar nou ook 4 harspunte sal vorm na die radiale toe. Laastens het ek die lasstuk se spasieer-ring aan die binnekant uit gefyl en glad gemaak sodat dit maklik oor die 40mm pyp hom gly. Al die los stukke is op die ou eind met “self tappers” (4 van) vas gemaak. Die spasiëring tussen die punte van die aangedrewe element is 2xdeursnee van materiaal = 20mm. Nadat alles eie handig (al my antennas maak ek so, dat ek hulle aleen kan werk) die lug in is, het ek lesing 6) gekry. Nodeloos om te sê dat ek geen verdere verstellings gemaak het nie.
Later het ek met Andrè(TRD) getoets, en sy antwoorde het my tevredenheid net verhoog. (Ek weet Ean së n swr=1 is ‘onprakties’ (lesing 6)), maar wat moet ek dan skryf as die MFJ se naald nie wil roer nie?) Terloops, volgens die geskrifte gee ‘n enkel ring ‘n wins van 1.85dBi, en as ek reg onthou gee ‘n 3-ring ‘n wins van 11.5dBi. My voerkabel is RG213 en ek gebruik geen aanpassing (matching) nie. Ek hoop ek het niks uit gelaat nie, maar vra gerus as iets onduidelik is. 73’s, Chris, ZR1MM 15-Jan-2001
Altyd lekker as ‘n storie ‘n vervolg het, veral as dinge reg uitwerk. Suksesse soos met die 6m ringe, laat mens altyd wonder; wat kan ek nog daarmee doen? Nou laat ek eers weer finale resultate tabuleer (soos hierbo). [Net eers hoe die lesings werk (ek het n blad uitgestuur op PacketMessageSystem, waarmee dit saamwerk). f= die frekwensie met die laagste swr (middel frekwensie) swr= daardie laagste swr by f z= vanself sprekend >swr= kies die skaal net groter as die laagste swr (hierbo) <f= daardie kleiner frekwensie wat vir my >swr gee >f= daardie groter frekwensie wat vir my >swr gee ] Meer as dit hoef ek nie te sê nie: Dit werk! Laastens wil ek net noem dat die spasieëring geplaas is op die fokuspunt wat die hoofstraal vernou ten koste van die voor na agter verhouding, die rugkant is dus nie ‘dood’ nie.
|
Webmeester:
Deon, ZS1G
|