|
|
|
|
Pakket Deur Johan, ZU1LR In hierdie uitgawe wil ek ‘n bietjie gesels oor pakket en hoe maklik dit is om ‘n pakket stasie op die lug te kry. Daar is verskeie Modems beskikbaar wat die gebruik word tussen die rekenaar en die radio. Die goedkoopste en maklikste manier om op pakket te kom is egter met ‘n klankkaart. Die klankkaart verrig dan die funksie van die modem. Daar is verskeie sagteware pakkette wat u kan gebruik, maar ek dink dat die mees algemeenste is AGW en WINPACK. Hierdie twee pakkette is gratis op die internet beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie kan u vir van u amateur vriende vra. Iemand sal hierdie pakkette hę. Vir ontvangs: Konnekteer die luidspreker van u radio aan die “Line In” van die klankkaart. Aktiveer die twee sagteware pakkette. Stel u radio op ‘n pakket frewensie. U stasie is nou gereed vir pakket ontvangs.
Punt A word aan “Com 1” of “Com 2” se RTS gekonnekteer en die Kollektor van die transistor aan die radio se “PTT”. Punt G word aan die rekenaar en radio se grond gekoppel. Die rekenaar se grond is op die “Com” poort beskikbaar.
Alle klankkaarte kan nie pakket doen nie, maar die wat dit nie kan doen nie is in die minderheid. Die rekenaar moet verkieslik ‘n Pentium 1 of vinniger wees. Soos u kan sien is dit baie maklik om op pakket te kan kommunikeer. Die van u wat dit nog nie het nie mis voorwaar baie informasie. Indien u hulp benodig moet u net vra. |
Webmeester:
Deon, ZS1G
|