|
|
|
|
Operasionele Versterker Deur Johan, ZU1LR
In die kring wat verduidelik word gebruik ons een van die mees bekende OP-Amps, die 741. Daar is baie verskillende OP-Amps wat u kan gebruik as ‘n vergelyker. Die pakkie se bene mag verskil, maar die werking bly dieselfde. Nou hoe werk dit? Sonder om in detail in te gaan is dit eintlik maklik om te verstaan hoe hierdie kring werk. Die twee spannings wat vergelyk word kom in by pen 3 en pen 2. Pen drie is die positiewe inset en pen twee is die omgekeerde of negatiewe inset. Kom ons sê ter verduidelikking dat die toevoer-spanning 10 volt is. Kom ons maak nou R3 en R4 10KW. Hulle vorm dan ‘n spanningsverdeler met dieselfde spanningsval oor buide en dus is die spanning by pen 2 = 5volt. Hier volg die eintlikke verduidelikking nou: Solank as die inset by pen 3 laer as 5 volt is, sal die uitset negatief wees en sodra die inset by pen drie oor 5 volt gaan sal die uitset positief wees. Maklik nè! Wat kan ek met die kring doen?
Vervang R2 met ‘n lig-sensitiewe-weerstand (ORP12). Ons kring is nou ‘n lig/donkerte sensor. Vervang R3 en R4 met ‘n 10KW verstelbare weerstand. Haal R1 en R2 uit die kring en Konnekteer aan ‘n battery in die plek van R2. Die kring kan nou vir u ‘n aanduiding gee as die battery se spanning onder ‘n voorafbepaalde spanning daal. Voorafbepaalde spanning word bepaal deur die verstelbare weerstand. Meet die vog in die grond en skakel u besproeing aan. Gebruik ‘n temperatuur-sensitiewe weerstand en skakel ‘n waaier aan as u versterker se temperatuur te hoog raak Uitset Die uitset van die Op-Amp gaan na twee weerstande wat ‘n spannings-verdeler vorm om ‘n spanningsval te kan verskaf tussen die OP-Amp en die transistor as die uitset van die Op-Amp Positief is. Die spannings-verdeler verseker ook dat die transistor af geskakel is as die OP-Amp se uitset ‘n negatief is. Die las kan ‘n relê, gloeilamp, motortjie of enigiets wat u benodig om te reageer met ‘n verandering van inset wees. Maak seker dat die transistor wat gebruik word die nodige stroom kan lewer. D1 word benodig as u ‘n induktiewe las soos ‘n relê gebruik. Komponent waardes Hierdie gaan afhang van die aanwending van die kring. Praktiese waardes vir ‘n ligsensitiewe skakelaar sal wees: R1 – 10K, R2 – ORP12 R3 – 10K, R4 – 10K (R3 en R4 kan ook deur ‘n 10K verstelbare weerstand vervang word) R5 – 10k, R6 – 2k2 T1 – 2N2222, D1 – 1N4001 V – Tipies tussen 5 en 15 volt, maar kan tot 44 volt gaan Bou dit en geniet dit!
|
Webmeester:
Deon, ZS1G
|