Nuus
Tuis English Lidmaatskap

Vuurtoring
ZS3BLUE
ZS1SALT

           
Hier bied die Boland Amateurradio Klub aan u inligting en nuus oor klub- en lede verwante gebeure.  

bullet

BARK 2007

Ons vergaderings:

 

24 Maart te Worcester se seiljagklub by die Brandvlei dam

23 Junie  BARK se AJV by Olivier in die Agter Paarl.

15 September weer in Die Strand

24 November ons laaste vergadering by Olivier in die Agter Paarl

 

Wat geleenthede betref waar BARK beslis teenwoordig gaan wees is op 2 Junie wanneer die RTA weer in die Wes Kaap en waarskynlik te Stellenbosch aangebied sal word.

Laas jaar het 22 van ons lede hierdie geleentheid bygewoon en ek vertrou dat ons hierdie jaar nog meer van u daar sal sien.

 

Dan bied BARK die RAE kursus aan in 2de helfte van jaar. Die afgelope kursus wat deur Karl ZS1KC en Clyde ZS1CS aangebied is, het besondere byval gevind by die kursusgangers en ek vertrou dat hierdie manne weer so gaan maak in 2007.

 

Wat geleenthede betref waar BARK beslis ‘n aandeel moet hê is ons eie BARK 40m foon kompetisie wat hierdie jaar op 22 Julie plaasvind.  Hierdie kompetisie raak nou uiters gewild en ons kry logstate van regoor die land BEHALWE van BARK lede.  Ja, u het reg gehoor tydens ons BARK kompetisie laas jaar het daar nie een enkele inskrywing van ‘n Boland lid gekom nie. Ek hoop nie dit is hierdie jaar weer die geval nie!

 

Die 3de naweek van Augustus vind die jaarlikse vuurtoring naweek plaas.  Hierdie jaar is dit dan op die  18de en 19 de  Augustus 2007.  Soos gewoonlik beweeg ‘n paar van ons na die mees Suidelike punt in Afrika en bedien ‘n stasie van af L Agulhas vuurtoring.  Maar behalwe L Agulhas is daar nog ‘n hele aantal vuurtorings om die Kaapse kus waar daar stasies opgerig kan word.  BARK besit nog steeds die roepsein ZS1TB en dit sal wonderlik wees as meer van ons lede by hierdie naweek wil inskakel en ‘n stasie wil bedryf.

 

Die 3de Saterdag van Oktober is dit die jaarlikse CQ Hou Koers.  Hierdie jaar sal dit die 20ste Oktober wees.  Johan ZS1RX is die dryfveer agter hierdie geleentheid en u kan hom gerus kontak nader aan die tyd en reël vir ‘n Voortrekker kommando om op die lug te wees.

 

Wat ekspedisies betref gaan ‘n paar van ons gedurende April op ‘n uitstappie na Gamkaskloof of dan beter bekend as Die HEL.  Op ‘n soortgelyke geleentheid in 2001 was ons doelwit om ‘n WAZS te verwerf maar kon ons ongelukkig nie daarin slaag nie.  Hierdie jaar gaan ons die geleentheid ‘n bietjie langer maak en weereens poog om 100 QSL kaarte te haal vir ‘n WAZS.

 

Die geleentheid sal hom voordoen vanaf 27 April tot 1 Mei.  Ek gaan dit nog met die komitee uitklaar maar ons dink ook daaraan om ‘n spesiale QSL kaart te druk aan elke BARK lid wat daardie naweek met ons kontak maak.

 

Natuurlik ons GROOT geleentheid van die jaar sal weer plaasvind op die Vrydag en Saterdag van 23 en 24 November waar Bennie ZR1JHD vir ons weereens ‘n kompetisie gaan saamstel soortgelyk aan die een vroeg in Desember laas jaar.  Hierdie geleentheid was uiters gewild en met goeie pryse is dit beslis nie ‘n geleentheid om mis te loop nie.  Die reëls sal natuurlik nader aan die tyd aangekondig word.

 

Voorts net so ‘n paar ander amateur verwante gebeure wat hierdie jaar plaasvind en waar ek graag meer BARK betrokkenheid sou wou sien:

 

10 to 11 Februarie:  Die SARL HF Veldstasie kompetisie

4 Maart: Hamnet 40m kompetisie

5 April:  SARL 80m QSO Party

16 Junie:  Jeugdag stasies regoor die land

5 Augustus:  SARL HF foon kompetisie

15 tot 16 September: SARL BHF kompetisie

4 Oktober: SARL 80m QSO party

17 tot 18 November: SARL HF veldstasies.

 

73 Rassie, ZS1YT

 

bullet

BARK Vergadering 2 Desember 2006

        Mack, ZS1XX, die trotse wenner van die klub kompetisie met sy prys,
        'n splinternuwe 2-meter radio!  Hy word geluk gewens deur Rassie, ZS1YT

       

 

        Kersvader was ook daar!  Op sy skoot is Johan, ZS1GP

       

 

horizontal rule

 
Webmeester: Deon, ZS1G
Stuur pos aan zs1bak@mailbox.co.za met vrae of kommentaar oor hierdie WebBlad.
Kopiereg © 2007 Boland Amateur Radio Klub
Opgedateer: 22 Januarie 2007