|
|
|
|
LM567 Toondekodeerder Deur Johan, ZU1LR Hier kyk ons na die werking en praktiese toepassing van die LM567 Toondekodeerder. Hierdie is ‘n baie handige geintegreerde stroombaan en daar is baie aanwendings vir hierdie 8 been “IC”. Aanwendings is onder andere:
HOE WERK DIT Die werking van die IC is eintlik eenvoudig as ons die detail weggooi. Die IC het ‘n interne ossilator wat se frekwensie afhang van eksterne komponente en as die inset frekwensie na die IC en die interne ossilator frekwensie dieselfde is, dan is die uitset ‘n logiese 0. Kom ons loer so ‘n bietjie dieper in na die werking van die 567. Die weerstand tussen pen 5 en 6 van die IC saam met die kapasitor tussen pen 6 en 7 (grond) is verantwoordelik vir die frekwensie van die interne ossilator. Die inset frekwensie kom in by pen 3 via ‘n kapasitor. Hierdie inset kan byvoorbeeld vanaf u HF radio wees. Die uitset van die IC is by pen 8. Pen 8 is ‘n logiese 1 of tewel die toevoerspanning indien daar geen inset sein is nie of indien die insetsein se frekwensie ongelyk is aan die interne ossilator frekwensie. Die uitset is in ‘n oop kollektor konfigurasie, so die uitset word opgetrek deur ‘n optrekweerstand (R1). Indien die inset frekwensie en die interne ossilator frekwensie dieselfde is, skakel die uitset transistor aan (die oop kollektor). Die uitset is nou dieselfde as die negatiewe toevoerspanning. Goed ons kan nou die kring bou, maar waarvoor kan ons dit gebruik? Konnekteer die inset aan u HF radio se audio uitset. Konnekteer ‘n pizzo tipe “buzzer” oor die uitset van die IC. Verstel die radio na ‘n stasie wat morsekode stuur. Verander die toonhoogte van die morsekode tot dieselfde as die interne ossilator van die IC en u sal die “suiwer” klank hoor van die “buzzer” elke keer as daar ‘n beep is. Die “buzzer” kan vervang word met ‘n LED en ‘n 680W weerstand. Konnekteer ‘n mikrofoon en ‘n versterker aan die inset van die kring. Bou ‘n ossilator wat ‘n audio frekwensie opwek. Daar het u nou ‘n afstandbeheerder gebou. Bou ‘n ossilator wat infrarooi stuur. Konnekteer ‘n infrarooi ontvanger diode en versterker aan die inset van die kring. Laat die uitstraal diode op die ontvanger diode skyn. Die uitset sal ‘n logiese laag wees tot die straal gebreek word. Daar is u alarm. TIPIESE WAARDES Tipiese waardes vir komponente is as volg: R1 4K7 R2 3K3 VR1 10K C1 0.1mF C2 2m2 C3 1mF C4 1mF Inset C 0.01mF Bogenoemde waardes gaan vir u ‘n verstelling gee van tussen 750Hz en 3KHz WAT SÊ DIE VERVAARDIGER?
F @ 1/(R2+VR1)*C1 Deur van hierdie formule gebruik te maak kan u u eie waardes bereken. Bou dit en geniet dit!!
|
Webmeester:
Deon, ZS1G
|