|
|
|
|
LM4017 Deur Johan, ZU1LR
Die spanningstoevoer vir die pakkie is tussen 3 en 15 Volt en die hoog uitset is genoegsaam om ‘n LED te dryf. Die aanwending van die pakkie is behoefte gedrewe en kan vir baie take gebruik word. Een van die algemeenste aanwendings is vir afstandbeheerde aan en af-skakeling. Sien diagram. Die pakkie het drie kontrole insette: “Reset”, “Clock” en “Clock Enable”. Met “Reset” laag en “Clock Enable” hoog sal die daaropvolgende uitset hoofg raak met elke klok pulse wat verskaf word. Alhoewel daar 10 uitsette is kan enige getal uitsette gebruik word deur die uitset na die laaste een wat u wil gebruik terug te koppel na “Reset”. U kan bv. net die eerste 5 uitsette gebruik deur uitset nommer 6 aan “Reset te koppel.
Die uitsette kan versterk word deur van transistors gebruik te maak. Hierdie sal u bv. gebruik om “relay’s” te skakel. Sien diagram
|
Webmeester:
Deon, ZS1G
|