LM386
Tuis Op English Lidmaatskap

 

LM 386 Audio Krag Versterker

Deur Johan, ZU1LR

Hierdie klein geintegreerde kring is ideaal vir die bou van ‘n klein algemene audio versterker vir gebruik in die hok.  Die gebruik daarvan kan wissel van ‘n klein toets toestel tot die versterking van u radio se audio uitset vir PSK.


Die interne versterking van die geintegreerde stroombaan is 20, maar deur gebruik te maak van ‘n eksterne weerstand en kapasitor tussen pen 1 en 8 kan die versterking verstel word tot op 200.  Soos die kring aandui kan u ‘n wins van 200 kry deur ‘n 10uF kapasitor tussen pen 1 en 8 te konnekteer.  Onthou die polariteit van die kapasitor.  Moet ook nie die 10 ohm weerstand en 0.05uF kapasitor tussen die uitset en grond uitlos nie.

Die volume kan verstel word deur die 10K potensiometer te verstel.

Die LM 386 werk vanaf 4 volt tot 12 volt en die LM 386N-4  vanaf 5 volt tot 18 volt.

Bou dit en geniet dit.

 

Webmeester: Deon, ZS1G
Stuur pos aan zs1bak@mailbox.co.za met vrae of kommentaar oor hierdie WebBlad.
Kopiereg © 2007 Boland Amateur Radio Klub
Opgedateer: 22 Januarie 2007