|
|
|
|
LM380 Audio Versterker Deur Johan, ZU1LR
Onmiddelik kom die vraag “waar gebruik ek wat” op, en die antwoord is: As ek ‘n klein audio sein wil versterk om so ‘n bietjie meer as ‘n ½ watt audio te kry gebruik ek ‘n LM386. As ek alreeds ‘n versterkte audio sein het en ek benodig ‘n groter kraguitset is die LM380 net wat ek soek.
Die spanningwins van die LM380 is intern vas op 50. Die inset kring is ontwerp om audio seine met ‘n grond verwysing te kan hanteer. Die uitset word automaties gesentreer op ½ toevoerspanning. Die uitset is kortsluit bestand met temperatuur beskerming. Die middelste 3 penne aan beide kante word gegrond en gebruik om hitte af te lei. Vervaardigers informasie:
Voorwaar ‘n handige projek vir die van u wat so ‘n bietjie meer audio versterking benodig. Bou dit en geniet dit.
|
Webmeester:
Deon, ZS1G
|