IC's
Tuis Op English Lidmaatskap

 

IC's

Deur Johan, ZU1LR

 

As ons gesels oor ge-integreerde kringe (IC’s), dan is daar maar altyd ‘n paar wat uitstaan.  So ‘n uitstaande IC is dan die 555 IC.  In die vorige uitgawe het ons gekyk na die 555 as ‘n A-stabiele multivibrator en in hierdie uitgawe verander ons die kring so ‘n bietjie om ‘n Mono-stabiele wipkring te maak.

Text Box: 555 MONO-STABIELE OSSILATORVir die wat al vergeet het, die monostabiel het net een stabiele staat.  Dit beten in hierdie geval dat die uitset (pen 3) laag is (0 Volt) tot die kring gesneller word.  Die oomblik wat die kring gesneller word verander die uitset van staat (na die + spanning) en dit bly in daardie staat vir die tydsduur soos bepaal deur R1 en C1)

Wat beteken dit nou eintlik?  In die geval hierbo sal die LED aankom die oomblik wat die skakelaar gedruk word en dit sal aanbly vir ‘n tydperk soos bepaal deur die waardes van R1 en C1.  Die skakelaar word net gedruk en gelos.  Die skakelaar verskaf die sneller puls.

Goed ek kan nou ‘n knoppie druk en ‘n LED kom aan, maar wat doen ek daarmee?  Stel die tydperk op 3 minute, druk die knoppie as u begin praat en as die LED afskakel weet u dat u al 3 minute op die lug is.  Vir party OK’s sal dit seker 9 minute wees.  Bou die kring vir die LV om te sien wanneer die eiers gaar is.  Sal sy nie bly wees vir ‘n tuisgemaakte geskenk nie!  Vervang die LED en R3 met ‘n geskikte relè en gebruik dit om die motorhuis se lig aan te hou terwyl u dit sluit.  Wees kreatief!  Daar is werklik baie gebruike vir hierdie kring.

U kan ‘n verstelbare weerstand in series met R1 konnekteer om die tydsduur te verstel.  Die totale waarde van R1 en die verstelbare weerstand moet verkieslik bo 1KW gehou word om te voorkom dat die 555 beskadig word.  Die formule om C1 en R1 te bepaal is: T=1,1xR1xC1

Praktiese waardes is: R1=220K, R2=4K7, R3=820W en C1=47µF en as my wiskunde my nie in die steek laat nie gee dit vir my ‘n tydsduur van net so oor die 11 sekondes.

Pen 2 word hoog (+spanning) gehou deur R2.  Sodra pin 2 laer as 1/3 van die + spanning is word die kring gesneller.

Onthou dat kapasitor C1 in hierdie geval ‘n polariteit het so koppel dit met die positiewe terminaal aan R1.

Text Box: VERSTERKER VIR 555Indien u ‘n groter las as die LED wil gebruik kan u transistor versterking gebruik om meer stroom te kan verskaf.  Dit is nou byvoorbeeld ‘n relè wat meer stroom benodig as wat die 555 kan verskaf.  Onthou die standaard 555 kan net sowat 200mA verskaf.  Die skets langsaan wys die stroombaan wat gebruik kan word vir ‘n groter las.  Die 2N2222 transistor kan 800mA verskaf.  Onthou as u las ‘n relè is moet u ‘n diode in parrallel met die relè konnekteer.  Die katode van die diode moet aan positief gekoppel word.

Hierdie kringe is maklik om te bou Probeer dit!!

 
Webmeester: Deon, ZS1G
Stuur pos aan zs1bak@mailbox.co.za met vrae of kommentaar oor hierdie WebBlad.
Kopiereg © 2007 Boland Amateur Radio Klub
Opgedateer: 22 Januarie 2007