|
|
|
|
Pakket in die Wes-Kaap DEUR JOHAN, ZU1LR Hoe werk pakket dat die regte boodskap by my uitkom? Hoe gebeur dit dat die boodskappe wat ek wegstuur by hul bestemmings uitkom? Wat is die roete wat my boodskap volg? Die BBS (Buletin Board System) met die meeste gebruikers is ZS0STB wat in Rosendal naby Tygervalei geleë is. Dan is daar ZS0BEL te Bellville wat ons klub se aanstuur BBS is en ook ZS0FIK wat die amateurs in die Vishoek area bedien. As u ‘n gebruiker van ZS0STB is en u skryf ‘n boodskap, gaan dit vanaf u rekenaar na ZS0STB. ZS0STB se rekenaar kyk na die adres van u boodskap en kan dan besluit op een van drie roetes om u boodskap in te stuur. Al die roetes is vooraf in die rekenaar ingeprogrameer. ROETE 1 Indien die boodskap vir iemand in die Vishoek omgewing is word die boodskap na ZS0FIK gestuur vanwaar dit dan na sy verbruikers versprei word.
ZS0STB is ook die “SATGATE”, so alle boodskappe wat oorsee moet gaan bly by ZS0STB tot ‘n sateliet oorkom. Die pos word dan met sy elektroniese adres op die sateliet gelaai en gebêre tot die sateliet oor sy bestemming gaan waar dit dan weer afgelaai word. ROETE 3 Die ander roete is deur ZS0BEL. Alle boodskappe na ZS5, ZS6 en Hermanus en omgewing word na ZS0BEL gestuur. Soos ZS0STB, besluit ZS0BEL dan ook waarheen die pos moet gaan. Die pos na ZS6 word via ZS1ACW te Stilbaai op HF gestuur. Jan het afgetree op Stilbaai en werk op 20m tussen Stilbaai en ZS6FB. Die skakel vanaf Stilbaai na ZS0BEL is op 40m. Die pos na ZS5 word per E-pos gestuur. Boodskappe na ZS0HER (Hermanus) word ook via radio op 40m gestuur. Boodskappe vanaf ZS5, ZS6 en ZS0HER volg weer dieselfde paaitjie terug. Ook die boodskappe vanaf die noorde wat oorsee moet gaan word via ZS0BEL na ZS0STB gestuur. U kan dus sien watter belangrikke rol ons klub se BBS speel in die verspreiding van pakket boodskappe in die Wes-Kaap. Waar rekenaars in die verlede net in wetenskapfiksie prente met mekaar gesels het is dit vandag realiteite……. ZS0BEL het twee ekstra funksies by. Konnekteer gewoonweg en tik HANGMAN in en volg net die instruksies. U kan ook TT tik en die instruksies volg.
|
Webmeester:
Deon, ZS1G
|