APRS & DX Cluster
Tuis English Lidmaatskap

 

APRS en DX-Cluster in Wes-Kaap

DEUR JACQUES, ZS1JY

Voorlopige informasie as volg :

ZS0BAK gaan die roepsein wees van die DX Cluster, ZS0BAK-1 die roepsein van 'n APRS digihaler en ZS0BAK-2 die roepsein van 'n gewone pakket digihaler.  Ek gaan die DX Cluster via 24 uur telnet verbind aan PI4CC, 'n groot DX Cluster in Holland wat van oral oor 'DX spots' kry (alternatiewe telnet cluster is K1TTT).  Soortgelyk kan amateurs in die Kaap ook DX spots plaas op hierdie cluster wat dan na PI4CC herlei sal word.  Die cluster sal ook QSL manager info bevat, en mens kan selfs 'n ZS/ZR/ZU roepsein-databasis hierop implementeer.  

Ek wil ook die APRS digihaler aan 'n 24 uur telnet APRS nodus verbind met UI-View, maar ek sal 10 pond moet betaal aan die outeur van UI-View, voordat sulke APRS pakkies van Internet herlei kan word na 2m en vice versa.  Ek sal sulke betaling mettertyd reel met ons kollega's in Engeland.  

Die plan is om al drie hierdie stelsels op 144.550MHz te bedryf, maar daar is dan 'n kans dat sommige amateurs in Durbanville dan nie by die cluster sal kan uitkom nie.  Ons kan dalk dink daaraan om nog 'n digi, bv. op Zevenwacht se heuwel, op te sit wat sulke verbindings kan ondersteun.  Andersins moet ons iemand mooi vra om sy stasie, wat as middelweg kan dien, permanent op die lug te hou.  

'n Ander opsie is om die stelsel op 144.675MHz te bedryf, maar die verbinding van Plattekloof na ZS0STB is marginaal.  Ek moet nog formeel toetse doen om te sien of hierdie frekwensie 'n opsie is.  Dit gaan ook besig raak op hierdie frekwensie as ons nog APRS pakkette vanaf telnet ook op 2m gaan herlei.  

In 'n poging om eksperimentering te bevorder, oorweeg ek dit om elke dag die baudrate te verander - 1200 baud die een dag en 9600 baud die volgende dag ens.

 

Webmeester: Deon, ZS1G
Stuur pos aan zs1bak@mailbox.co.za met vrae of kommentaar oor hierdie WebBlad.
Kopiereg © 2004 Boland Amateur Radio Klub
Opgedateer: 08 Februarie 2005